Local sportSport

Teine spog met nuwe truie

Randfontein Rugbyklub neem hul nuutgeborgde truie en toerusting in gebruik.

Randfontein Rugbyklub het vanjaar hul nuwe rugbytruie en spanuitrustings in gebruik geneem en bedank elke borg wat dit vir hulle moontlik gemaak het.

Volgens die klubvoorsitter Boats Botha, het elke speler van beide die eerste en tweede spanne ‘n splinternuwe sportsak met al hul klere ontvang.

“Die tweedespan se uitrustings is op 19 Junie aan hulle oorhandig, terwyl die eerstespan uitrustuings op 20 Junie tydens ‘n gesellige geleentheid vir die borge, klubkommitteelede, spanlede en hul metgeselle ontvang het,” vertel Botha.

Dié uitrustings is op 21 Junie tydens die klub se kragmeting teen Pirates Rugbyklub in gebruik geneem.

Volgens Botha sluit dié uitrustings hul nuwe rugbytruie, broeke, baaidjies, kouse en ‘n sportsak in.

“Ons wil net baie dankie sê aan Mapogo a Mathamaga Sekuriteit, FSK, MTI en Klipdrift wat die borge van dié uitrustings was.”

“Ons as klub stel dit hoog op prys en sal elke keer wat ons die veld betree dié klere met trots dra,” vertel Botha.

Related Articles

Back to top button