Local sportSport

Randfontein Hokkieklub seevier

Randfontein Hokkieklub oordonder die manne van Mondeor tydens hul onglange wegwedstryd.

Randfontein Hokkieklub het onglangs tydens ‘n wegwedstryd teen Mondeor gewys dat hulle belis ‘n krag is om mee rekening te hou toe hulle die manne van Mondeor met hul hande in die hare gelaat het.

Volgens die klubkaptein, Pieter Liebenberg is die wedstryd op die Universiteit van Johannesburg se velde gespeel.

“Dit was ‘n baie koue oggend en Randfontein moes die veld met slegs tien spelers betree, maar dit het ons nie gekeer nie en van die beginvluitjie af was die Randfontein-manne vuur en vlam om die kragmeting te oorheers,” vertel Liebenberg.

Randfontein het met puik spanspel en vinnige verdediging die knoop deurgehaak en hulself van ‘n 4 – 0 oorwinning verseker.

Frikkie Brink het tydens die kragmeting een doel aangeteken terwyl Stephen Hetzel drie keer in die opposiesie se doelgebied gaan kuier het.

“Hetzel is ook tydens die geleentheid as speler van die wedstryd aangewys,” vertel Liebenberg.

Related Articles

Back to top button