Local sportSport

Randfontein spog met Gauteng boksers

Vier van Randgate Amateur Boksklub se elite boksers het hul Gauteng klere verower en sal binnekort Gauteng by die Suid-Afrikaanse Elite Bokskampioenskappe verteenwoordig.

Randgate Amateur Boksklub het onglangs ses van hul elite boksers vir die Gauteng Elite Bokskampioenskappe ingeskryf en is trots om te sê dat vier van dié boksers Gauteng by die Suid-Afrikaanse Elite Bokskampioenskappe sal verteenwoordig.

Volgens die hoofafrigter van Randgate Amateur Boksklub, Willie Consalves, is die elite kampioenskappe vir senior mans en vroue

“Ek is baie trots op my boksers wat aan dié kampioenskappe deelgeneem het.

“Elkeen van hulle het baie hard voorberei en die vrugte van hul oefening gepluk,” vertel Consalves.

Tydens dié kampioenskappe het Bernice van Heerden in die 51kg afdeling meegeding en ‘n goue medalje verower.

Harry Joubert het in die 56kg afdeling ‘n goue medalje verower en is ook aangewys as die beste bokser van die toernooi.

Fernando Rodriques het vir homself ‘n goue medalje in die 91kg afdeling losgeslaan terwyl Fransisco Rodriques ‘n silwer medalje in die 91kg plus a afdeling verower het.

Elizabeth Botha het ook ‘n silwer medalje in die 69kg afdeling verower, terwyl Abel Ndava in die kwart-finale van die 60kg afdeling uitgeval het.

“Ek is baie trots op Bernice, Harry, Fernando en Fransisco wat al vier gekies is om vanaf 30 Junie tot 6 Julie aan die Suid-Afruikaanse Elite Bokskampioenskappe in Oos-Londen deel te neem,” vertel Consalves.

Hy vertel verder dat hy ook gekies is as die Nasionale afrigter vir die toernooi.

Related Articles

Back to top button