Randfontein gereed vir groot jeugrugby seisoen

Randfontein Rugbyklub nooi alle aspirant rugbyspelers om by hul jeug klub rugby in te skakel en saam die jongklomp die seisoen aan te pak.

Randfontein Rugbyklub se jeugrugbyseisoen is weer voor die deur en dié klub nooi alle jeugrugbyspelers om by die klub in te skakel en saam met hulle ‘n sukses van vanjaar se seisoen te maak.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Randfontein Jeug-Klubrugby, Leonie du Buson, sal die jeugrugby-afdeling vanjaar spelers van o.8 tot o.16 akkommodeer.

“Ons het vanjaar talle geregistreerde afrigters wat by die klub betrokke is en sal die jong manne baie leiding in hul geliefde sport bied,” vertel Du Buson.

Sy vertel verder dat die jeugklub ook met die Goue Leeus Rugby Unie geaffillieer is en dat daar reeds ‘n voorlopige wedstrydprogram uiteengesit is.

“Ons liga sal op 19 Julie afskop en die jeug-manne sal verskeie wedstryde teen spanne soos Union, Wasps, Diggers en Jeppe speel,” vertel Du Buson.

“Oefeninge het al reeds op 2 Junie begin, maar enigiemand wat belangstel om by die jeugrugby in te skakel is welkom om gedurende die week saam met die huidige spelers te kom oefen.”

Vir meer inligting en oefentye, skakel gerus die klubvoorsitter, Colin du Buson by 076 210 8975, vir Chris de Beer by 082 308 0527, Willie Meyer by 082 410 5707 of vir Leonie du Buson by 071 195 4386

“Mense kan ook ons webtuiste by www.ryrc.co.za besoek vir meer inligting,” vertel Du Buson.

Exit mobile version