Local sportSport

Teine begin hul liga goed

Teine geniet 'n oorwinning tydens hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Pirates Rugbyliga.

Randfontein Rugbyklub het tydens hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Pirates Rugbyliga puik gevaar en die manne van Diggers met geen antwoorde gelaat.

Volgens die klub bestuurder van Randfontein Rugbyklub Cathy Holton, het die manne van Randfontein baie goed voorberei vir die geleentheid en was hulle vuur en flam om die manne van Diggers Rugbyklub te laat les opsê.

“Ongelukkig het beide Diggers se eerste en derde rugbyspan op die laaste minuut ontrek.

“Dus is dié wedstryde nie gespeel nie,” vertel Holton.

Sy vertel verder dat die o.19 kragmeting op die dag deur die skeidsregter afgestel is.

Tot gevolg het slegs die o.21 manne en die klubs se tweedespanne mekaar die stryd aangesê.

“Randfontein het van die afskop af beide die kragmetings gedomineer en kort voor lank was ‘n oorwinning vir Randfontein vanselfsprekend,” vertel Holton.

Holton vertel dat die o.21 manne met ‘n telling van 31 – 14 geseëvier het, terwyl Randfontein se tweedes die manne van Diggers met ‘n nederlaag van 47 – 14 huistoe gestuur het.

“Ons volgende wedstryd sal teen Roodepoort wees.

“Dié kragmeting sal op Saterdag 7 Junie op Roodepoort plaasvind,” vertel Holton.

Related Articles

Back to top button