Local sportSport

Netbalster in wording

Chanel Engelbrecht sal vir die o.15 Gauteng Netbalspan op die baan uitdraf.

Chanel Engelbrecht is onglangs as deel van die finale o.15 Gauteng Netbalspan gekies en is beslis ‘n aanwins vir dié groep.

Volgens Chanel, is sy ‘n leerling van Hoërskool Monument, maar woon al van kleins af saam met haar ouers in Randfontein.

Sy vertel verder dat sy op 17 Mei aan die finale rondte Gauteng proewe deelgeneem het en tydens dié geleentheid gewys het dat sy verdien om in die Gauteng Netbalspan opgeneem te word.

Die finale rondte proewe het by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind.

“Ek het vir die eerste keer in Graad 6 aan die Gauteng proewe deelgeneem.

“Van daar af is ek nog elke jaar in die Gauteng oefengroep opgeneem.

“Vanjaar is die tweede keer wat ek deel van die finale Gautengspan form,” vertel Chanel trots.

Chanel en die res van die Gauteng Netbalspan sal vanaf 29 Junie tot 5 Julie aan ‘n Suid-Afrikaanse Netbal toernooi in Margate deelneem waar Chanel as verdedigende vleuel op die baan sal uitdraf.

Behalwe vir Chanel se liefde vir Netbal, is sy ook ‘n kranige ringbalspeler en het al reeds vanjaar haar Gauteng Suid-Wes klere in dié sportsoort verower.

Sy vertel dat sy gedurende Junie aan die Suid-Afrikaanse Ringbaltoernooi in Nelspruit gaan deelneem en beoog om tydens dié toernooi haar Suid-Afrikaanse Ringbal klere te verwerf.

Related Articles

Back to top button