Local sportSport

Randfontein Hokkieklub meet kragte teen Pirates

Randfontein Hokkieklub wys hul staal teen die magtige Pirates Hokkieklub.

Randfontein Hokkieklub het op Sondag 25 Mei, teen die magtige Pirates Hokkieklub kragte gemeet maar moes ten spyte van hul puik spel met ‘n nederlaag tevrede wees.

Volgens die kaptein van Randfontein se Hokkiespan Pieter Liebenberg, is die Pirates klub tans tweede in hul liga en is ook ‘n gedugte span om teen kragte te meet.

“Ons het tydens dié kragmeting die eerste punte aangeteken en met slim spanspel en samewerking, het die eerse punte vir die dag aan Randfontein se vleuel Stephan Hetzel behoort,” vertel Liebenberg.

Met nog baie tyd op die horlosie het Pirates terug geveg en kort daarna weer sake gelyk gemaak.

“Ons het op verskeie geleenthede in die Pirates se doelgebied gaan kuier en alhoewel ons aavalle sterk was, kon ons net nie deur hul verdediging breek nie,” vertel Liebenberg.

Alhoewel dit gelyk het asof Randfontein die wedstryd kon beklink, het Pirates laat in die tweede helfte hul tweede doel aangeteken en Randfontein se manne met ‘n nederlaag van 2 – 1 huistoe gestuur.

Liebenberg en die res van die Randfontein-manne bedank elke ondersteuner wat hulle tydens elke tuiswedstryd so pligsgetrou ondersteun.

Kliek hier vir fotos van Randfontein Hokkieklub in aksie.

Related Articles

Back to top button