Local sportSport

Randfontein Hokkieklub wys hul staal

Die manne van Randfontein Hokkieklub speel gelykop teen die manne van die Vaal Universiteit van tegnoligie tydens hul tweede tuis wedstryd van vanjaar se hokkie liga.

Die Randfontein Hokkieklub het weereens op 11 Mei gewys dat hulle beslis ‘n krag is om mee rekening te hou toe hulle tydens hul tweede tuis wedstryd teen die manne van die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) te staan gekom het.

Dié wedstryd het op Hoërskool Riebeeckrand se sportgronde plaasgevind.

Volgens een van die kapteine van dié hokkiespan, Malcolm Faddy, het die Randfontein-spelers baie goed voorberei vir dié kragmeting.

“Ongelukkig het ons gelykop geëindig met een doel elk, maar het regdeur die wedstryd baie goeie spanwerk getoon,” vertel Malcolm.

Hy vertel verder dat Randfontein Hokkieklub deel vorm van die Suid-Gauteng Hokkie Vereeniging.

Randfontein se hokkiespelers het al reeds vier wedstryde vanjaar gehad.

Twee van dié wedstryde het op hul tuisvelde plaasgevind, waarvan hulle een gewen het en een gelykop gespeel het. Die ander twee wedstryde, wat weg plaasgevind het, het hulle ongelukkig verloor.

“Alhoewel ons nog ‘n baie jong klub is, vaar ons goed en verbeter ons tydens elke wedstryd.

“Ons doen ook ‘n beroep op hokkiespelers in die gemeenskap om by die klub in te skakel en ons sodoende help om van krag tot krag te groei,” vertel Malcolm.

Related Articles

 
Back to top button