Rolbalklub domineer hul liga

Die Randfontein Rolbalklub het weer hul liga gedomineer en sal tydens hul volgende seisoen in die eerste divisie van die Sables distrikte liga deelneem.

Die Randfontein Rolbalklub het hul liga gedomineer en sal in hul volgende seisoen in die eerste divisie van die Sables distrikte liga deelneem.

Volgens die president van die Randfontein Rolbalkub, Martiens Botha, het Randfontein se liga-rolbalspelers vanjaar in die tweede divisie van die Sables distrikte liga deelgeneem.

“Beide ons spanne was onoorwonne en sal tydens hul volgende seisoen in die eerste divisie hul merk maak,” vertel Martiens trots.

Hy sê dat dié twee spanne uit agt puik rolbalspelers bestaan naamlik Bob McNeill, Helmut Bahlmann, Alastair Hepburn, Eugene Volschenk, Glyn Rodel, Ray Green, Bennie Rosslee en George van der Westhuizen.

“Ons is baie trots op dié spelers en wens hulle sterkte toe met hul volgende liga wat later vanjaar afskop,” vertel Martiens.

Hy noem dat die rolbalklub ook maandelikse pretdae aanbied en nooi die gemeenskap om saam met hulle dié dae te kom geniet.

Ons volgende pretdag is op 4 Mei.

Exit mobile version