Sport

Gavin presteer by Gauteng-Noord Meesters

Plaaslike atleet, Gavin da Silva spog met drie gouemedaljes na afloop van die Gauteng-Noord Meesters Atletiekkampioenskappe.

Plaaslike atleet, Gavin da Silva spog met drie gouemedaljes na afloop van die Gauteng-Noord Meesters Atletiekkampioenskappe.

Volgens Gavin, word hy tans deur Hein Maré afgerig.

Hy vertel dat hy gedurende Maart aan dié kampioenskappe deelgeneem het en werklik puik gevaar het.

“Ek het in die 30 tot 34-jarige afdeling deelgeneem en het gouemedaljes in die 400m, 800m en 1 500m ontvang,” vertel Gavin.

Volgens Hein is Gavin ‘n puik atleet en werk hy baie hard om op die atletiekbaan sukses te behaal.

“Gavin het ook onlangs aan die Noord-Wes-Noord Kampioenskappe in Rustenburg deelgeneem en weer baie goeie tye behaal,” vertel Hein.

Related Articles

Back to top button