Local sportSport

Hein Maré atlete presteer

Vanjaar spog Hein Maré al reeds met vier van sy atlete wat in die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekspan opgeneem is.

Vanjaar spog Hein Maré al reeds met vier van sy atlete wat in die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekspan opgeneem is.

Volgens Hein, is Ezra Ferreira, Lizerie Fereira, Sandra Wijtenburg en Liza Kellerman almal in dié span opgeneem.

“Al vier die atlete het puik tydens die Gauteng Kampioenskappe gevaar en net weer bewys dat hulle ‘n aanwins vir die SA-span is,” vertel Hein.

Hy vertel verder dat die Gauteng Kampioenskappe op 7 en 8 Maart by die universiteit van Pretoria plaasgevind het.

Sandra het ‘n algehele tweede plek in die 1200m vir dogters o.12 behaal, terwyl Liza ‘n eerste plek in die 800m en ‘n derde plek in die 400m vir dogters o.15 verower het.

Ezra het puik gevaar in die 800m seuns o.15 en vir himself die goue medalje verseker. Hy het ook ‘n algehele vyfde plek in die 1500m verower.

Lizerie Ferreira het in beide die 800m en die 1500m dogters o.19 uitgeblink en haarself van twee goue medaljes verseker.

“Ek is baie trots op dié atlete en wens hulle sterkte toe vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Pietersburg gaan plaasvind,” vertel Hein.

Related Articles

Back to top button