Local sportSport

Hengel liefhebbers kan nou aansluit by Randfontein Papgooiers

Hengel liefhebbers in die gemeenskap kan nou by die Randfontein Gentleman's Club se sosiale hengelklub inskakel en sommer lekker saam met dié groep hengelaars langs die water gaan kuier.

Die Randfontein Gentlemen’s Club, bied nou elke hengelliefhebber in die gemeenskap die geleentheid om by hul sosiale hengelklub in te skakel.

Volgens die voorsitter van die Randfontein Gentlemen’s Club, Charl Roestroff, staan dié hengelklub as die Randfontein Papgooiers bekend.

“Ons as klub bied elke maand ‘n ope hengelkompetisie aan en enige hengelaar in die gemeenskap is welkom om aan die kompetisies deel te neem,” vertel Charl.

“Aangesien die Randfontein Papgooiers ‘n sosiale hengelklub is, is dit nie net vir die manne nie, maar die hele gesin is meer as welkom om saam met ons te kom hengel.”

Charl vertel verder dat jy nie deel van die Randfontein Gentlemen’s Club moet wees om by die Randfontein Papgooiers in te skakel nie.

Vir meer inligting oor dié hengelklub, skakel gerus vir Charl by 071 697 8181.

Related Articles

Back to top button