Golfspelers geniet dit op Waterpan Golfbaan

Golfliefhebbers stroom na Waterpan Golfklub vir 'n suksesvolle golfdag.

Westonaria Rugbyklub het op 1 Maart ‘n suksesvolle golfdag op Waterpan Golfbaan aangebied en sowat 58 spelers het die geleentheid bygewoon.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Waterpan Golfbaan, Dirk van der Westuizen, was die dag ‘n reuse sukses en al die spelers wat deelgeneem het, het die dag baie geniet.

Hy vertel dat Gerhard Hartzenberg die algehele wenner tydens die geleentheid was.

Fred Eksteen was kort op sy hakke in die tweede plek en Henk Botha was derde.

Die algehele vierde plek is deur Allie Springfield opgeraap.

“Ons het ook tydens die geleentheid ‘n kompetisie gehad om te kyk wie die naaste aan die putjie land met een hou op ‘n par 3.

“Die wenner van dié uitdaging was Yacoob Dinder,” vertel Dirk.

Eddie Erke het die langste dryfhou van die dag op die 18de gespeel en die laaste kompetisie vir die dag was die krywa-lootjietrekking.

“Jannie Opperman het met dié krywa vol verversings weggestap,” vertel Dirk

Die Westonaria Rugbyklub, sowel as die Waterpan Golfklub bedank elke speler vir hul betrokkenheid by die geleentheid.

Dirk vertel dat die Waterpan Golfklub weer op 21 Maart sowel as 28 April golfdae aanbied.

Vir meer inligting rondom die klub en die opkomende golfdae, skakel gerus vir Dirk op 072 698 9710.

Exit mobile version