Local sportSport

Ringbalpret vir die hele gesin

Die Randfontein Ringbalklub nooi die gemeenskap om saam ringbal te speel.

Die 2014 Ringbalseisoen het weer afgeskop en Greenhills Ringbalklub het al reeds op 21 Januarie by WestCol College se bane begin oefen.

Volgens die voorsitter van die klub, Fred Page, sal seniors sowel as juniors by die WestCol bane oefen.

“Die Juniorspelers sal vanaf 6nm tot 7.30nm oefen terwyl die seniorspelers van 7nm tot 9nm op die baan besig sal wees,” vertel Fred opgewonde.

Greenhills Ringbalklub nooi alle oud, huidige en voornemende spelers uit om by hulle te kom aansluit.

“Ringbal is n wonderlike familiesport wat deur alle ouderdomsgroepe gespeel kan word, daarom doen ons ‘n beroep op alle ringbalspelers om saam met ons by die klub dié sport te kom beoefen,” vertel Fred.

“Ringbal is n fantastiese sport en as die gogga eers byt, hou jy nooit op speel nie,” sê Fred.

“Ringbal leer ook die kinders om die bal te plaas en te vang en is daarom n uitstekende sport vir kinders in hul groeifase.”

Greenhills Ringbalklub groei elke jaar van krag tot krag en met die bane wat die klub nou by WestCol College gekry het, laat potensiaal vir nog meer groei toe.

Vir verdere navrae, skakel vir Fred Page by 083 307 5531 of vir Retha Naude by 079 693 9156.

Related Articles

Back to top button