Local sportSport

Randfontein Rugbyklub slaggerreed vir ‘n groot jaar

Randfontein Rugbyklub is al reeds volstoom besig met oefening en nooi alle rugbyspelers in die gemeenskap om by die klub in te skakel.

Die Randfontein Rugbyklub is al reeds drukbesig met voorbereiding vir vanjaar se rugby seisoen en nooi alle rugbyspelers in die gemeenskap om by die klub in te skakel en deel te wees van die klub se sukses in 2014.

Volgens die nuwe klubbestuurder van Randfontein Rugbyklub, Cathy Holton, het die klub weer amptelik op 14 Januarie met hul voorbereiding begin.

Sy vertel verder dat die klub se spelers en afrigter weekliks op Dinsdae en Donderdae om 7nm bymekaar kom om te oefen.

“Ons almal by die klub is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê.

“Daar is baie veranderinge by die klub en ons glo dat dit beslis ‘n positiewe impak op ons klub sal hê,” vertel Cathy.

Sy vertel dat Jacques Conradie vanjaar as hoofafrigter aangestel is en dat daar ‘n nuwe afrigter by die klub aangestel is wat sy kennis in die spel met die spelers sal deel.

“Ons is baie opgewonde oor Jaco Booysen se aanstelling by die klub.

“Ek glo dat hy beslis baie vir die klub sal beteken in die opkomende Pirates Liga,” vertel Cathy.

Cahty vertel verder dat Randfontein Rugbyklub al reeds op 15 Februarie hul eerste vriendskaplike wedstryd teen Johannesburg Polisie.

Kort daarna sal Randfontein Rugbyklub aan die Assupol Rugbyreeks deelneem. Dié reeks skop vroeg in Maart af.

“Ons eerste wedstryd in dié reeks sal op 8 Maart teen die Oostelike Arende op hul velde plaasvind en op 15 Maart sal ons ons eerte tuiswedstryd teen Alberton speel,” vertel Cathy.

Na afloop van die Assupol Rugbyreeks is dit weer tyd vir die gewilde Pirates Liga wat in Mei maand vanjaar sal begin.

“Ons almal by Randfontein Rugbyklub sien baie uit na die opkomende seisoen en nooi alle rugbyspelers in die gemeenskap om by die klub in te skakel,” vertel Cathy.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Cathy op 082 342 4392.

Related Articles

Back to top button