MC kry brons by wêreldkampioenskappe

Randfontein atleet, MC Visser, verower brons tydens die Wêreld Meesters Atletiekkampioenskappe in Brasilië.

Randfontein se eie meestersatleet, MC Visser, het onglangs aan die Wêreld Meesters Atletiekkampioensappe in Brasilië deelgeneem en haarself van ‘n brons medalje in die 400m verseker.

Volgens MC, het dié kampioenkappe vanaf 13 – 27 Oktober in Brasilië plaasgevind.

“Dit was ‘n baie strawwe kampioenskap en ek het baie goed voorberei om aan dié geleentheid deel te neem,” vertel MC.

Sy vertel verder dat meer as 60 lande aan die byeenkoms deelgeneem het.

Suid-Afrika het ‘n totaal van 64 atlete Brasilië toe gestuur om aan dié kampioensakappe deel te neem.

“Suid-Afrika het baie goed tydens die kampioenskappe gevaar en met meer as 70 medaljes teruggekeer huistoe,” vertel MC.

Suid-Afrika het algeheel sewende geëindig.

Sy verduidelik dat die meesters atletiekkampioenskappe vir atlete tussen die ouderdom van 35 en 99-jaar is. MC het aan die 65 tot 69-jaar kategorie deelgeneem.

“Ek het aan beide die 800m en die 400m deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk, maar dit het my nie gestuit nie.

“Ek het tydens die 800m finaal ‘n algehele sewende plek behaal en in die 400m derde oor die wenstreep genael om myself van ‘n brons medalje te verseker,” vertel MC trots.

Exit mobile version