Local sportSport

Randfontein boksers presteer op nasionale vlak

Talle boksers van Randgate Amateur Boksklub, spog met puik resultate tydens die Suid-Afrikaanse Junior en Jeug Bokskampioenskappe.

Randgate Amateur Boksklub se boksers tydens die Suid-Afrikaanse Junior en Jeug Bokskampioenskappe weer gewys dat hul vuishoue beslis tot oorwinning sweef.

Volgens die hoofafrigter by die boksklub, Willie Consalves, het hy vanjaar 10 Boksers vir dié kampioenskappe ingeskryf.

Tussen dié groep boksers, spog Randgate Amateur Boksklub met ‘n totaal van vier goue medaljes en ses silwer medaljes.

“Ek is werklik trots op elke bokser van my klub. Hulle het almal hard geoefen om seker te maak dat hulle gereed is vir die SA Kampioenskappe,” vertel Willie.

Hy vertel verder dat sy junior span boksers uit Philamon Matlhana, Justin du Toit, Innus Herbst, Claudia Herbst, Christie Claase, Karien Claase, Michelle Webb en Demorné van der Walt bestaan het.

Louise Webb en Frand Rodriques was die enigste twee boksers van Randgate Amateur Boksklub wat deel van die Jeugspan gevorm het.

Tydens die junior seuns se kampioenskappe het Philamon Matlhana in die 46 kilogram afdeling meegeding, het het ‘n algehele tweede plek behaal en Randfontein van hul eerste silwer medalje verseker.

Justin du Toit – 75 kilogram, het ‘n goue medalje losgeslaan terwyl Innus Herbst – 75 kilogram ‘n silwer medalje verower het.

“Frank Rodriques was die enigste jeug bokser van Randgate. Hy het in die 81 kilogram afdeling geboks en met ‘n silwer medalje weggestap,” vertel Willie.

Volgens Willie, het die junior dogters ook puik gevaar. Claudia Herbst – 50 kilogram, het ‘n silwer medalje verower terwyl Christie Claase in die 54 kilogram kategorie met die silwer weggestap het.

Karien Claase het in die 57 kilogram afdeling meegeding en vir haarself ‘n algehele tweede plek verseker.

Michelle Webb – 63 kilogram, het ‘n puik kampioenskap beleef en met die goue medalje weggestap. Demorné van der Walt – 75 kilogram het ook briljant geboks en ook ‘n goue medalje verower.

“Louise Webb was vanjaar Randgate Amateur Boksklub se ster. Sy het in die 60 kilogram afdeling met die goud weggestap en is ook as die beste vroulike bokser van die toernooi gekroon,” vertel Willie.

Willie bedank elke bokser vir hul harde werk en getroue oefening.

“Ek wil ook net spesiaal dankie sê aan Eddie Webb wat vrywilliglik by die klub betrokke geraak het. Eddie het ure saam elke bokser spandeer om hul spoed en tegniek te bemeester,” vertel Willie.

Related Articles

Back to top button