Local sportSport

Michael stof sy opponente uit

Adjudant Offisier, Michael Bester van Randfontein Saps is 'n top-klas skut.

Adjudant Offisier, Michael Bester van Randfontein Saps, het al reeds tydens vanjaar se skietseisoen gewys dat hy beslis, met vuurwapen in die hand, ‘n krag is om mee rekening te hou.

Volgens Michael, het hy gedurende September aan die Nasionale Skietkampioenskappe deelgeneem en homself tydens die geleentheid van drie goue medaljes, twee silwer medaljes en drie brons medaljé verseker.

Hy vertel dat hy tydens dié kampioenskappe aan die weermag, sowel as die polisie en Nasionale kampioenskappe deelgeneem het.

“Tydens die weermagkampioenskappe, wat op 21 September plaasgevind het, het ek ‘n goue medalje in die 200m sit kategorie verower. Ek het ook ‘n algehele tweede plek in die A-klas Weermag Kampioenskappe behaal,” vertel Michael.

Tydens die Polisiekampioenskappe het Michael weer gewys dat sy korrelwerk bo die ander skutte uitstaan. Hy is tydens dié kampioenskappe as die A-klas kampioen aangewys en het met ‘n brns medalje in die algehele 100m kategorie weggestap.

Hy spog ook met ‘n goue medalje in die 200m sit kategorie.

Verder het hy ‘n brons medalje vir die 300m volgehoue vuur verower en is ook gekroon as die wenner in die algehele 300m kategorie.

“Behalwe vir my puik prestasies op die skietbaan, is ek ook tydens dié strawwe kampioenskappe vir die Nasionale Polisie B-Span gekies en het as deel van dié span ‘n algehele tweede plek in die kommessarisbeker ontvang,” vertel Michael trots.

“Met die weermg en polisiekampioenskappe agter die rug, was al my fokus op die nasionale kampioenskappe.”

Tydens dié kampioenskappe het Michael weer puik gevaar en ‘n brons medalje in die algehele 300m sit kategorie gewen. Hy verower ook tydens die geleentheid ‘n silver medalje in die algehele 300m lê kategorie.

Met Michael se puik vaardighede tydens die nasionale kampioenskappe, is hy ook aangewys aas deel van die top 100 skutte in Suid-Afrika. Hy bekleë die 88ste posisie.

“Dit is vir my ‘n groot eer om onder die top 100 skutte te wees, veral as jy in ag neem dat ek met ‘n oop vesier skiet en teen skutte deelneem wat met ‘n teleskoop skiet,” vertel Michael.

Uit die top 100 skutte in Suid-Afrika is daar ook ‘n top 8 oopvesierskutte gekies wat deel van die presidentspan vorm. Michael is deel van dié gesogte groep skutte.

“Ek wil net aan elke kolega, familielid en vriend wat my ondersteun het baie dankie sê. Julle ondersteuning en bystand tydens dié kampioenskappe het my beslis deur die kompetisie gedra,” vertel Michael.

Related Articles

Back to top button