Local sportSport

Randgate Boksklub bied Gauteng Kampioenskappe aan

Boksers van regoor Gauteng kom wys hul staal by Randgate Amateur Boksklub tydens die Gauteng Junior en Youth Bokskampioenskappe.

Randgate Amateur Boksklub het op 23 en 24 Augustus die kans gehad om die Gauteng Bokskampioenskappe aan te bied.

Dit is tydens dié geleentheid dat Randgate Amateur Boksklub gewys het dat Randfontein boksers beslis die beste in die weste is.

Dit nadat 10 van dié klub se boksers gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe deel te neem.

Volgens die eienaar en hoofafrigter by Randgate Amateur Boksklub, Willie Gonsalves, moes die boksers tydens die Gauteng Kampioenskappe ‘n goue medalje verower om deur te dring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

“Ek is baie trots op my boksers. Hulle het baie goed gevaar tydens die Gauteng Kampioenskappe en is tans volstoom besig om voor te berei vir die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe wat vanaf 24 – 29 September in Bethlehem plaasvind,” vertel Willie.

Dié junior seuns wat vir die SA Kampioenskappe gekwalifiseer het is Phillamon Mathlana en Justin du Toit.

Innes Herbst en Frank Rodrigues is die Senior seuns van die klub wat by die SA Kampioenskappe sal deelneem.

Verder is Louise Webb die enigste senior dogter wat by die SA’s sal deelneem.

Randgate Amateur Boksklub spog vanjaar met vyf junior dogters in die Suid-Afrikaanse span.

Hulle is Claudia Herbst, Christie Claase, Karien Claase, Michelle Webb en Demorné van der Walt.

Willie is ook tydens die Gauteng kampioenskappe aangewys as die amptelike afrigter vir die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe.

Related Articles

One Comment

  1. Ek wil net graag namens Randgate Boksklub baie dankie se aan almal wat die geleentheid van die Gauteng Kampioenskappe bydraes gemaak het, Siza en Sifiso, van Siyphikelela Business Enterprizes in Westonaria, Thank you so very much for your interest in our club, your donation ment a lot to many of our young talented boxers.
    Die eienaar van The Grill Master in Randfontein wat etes vir ons gesponsor het, baie dankie vir die tydperk wat ons heerlike maaltye daar kon geniet het, dit was onvoorwaarlik die beste. Wimpy in Randfontein wat op so n kort kennisgewing vir ons n plekkeie kon maak om ontbyt daar te kon geniet met ons span. Ons waardeer dit baie. Dan aan almal verder wat bydraes gelewer het, hetsy kontant skenkings of hulp en ondersteuning. Sonder julle almal sou dit baie moeilik gewees het. Baie dankie

    Randgate Boksklub.

    (ek vra dat jul asb ons bedankings in die koerant ook kan publiseer, omdat daar baie mense is wat bydraes gelewer het wat nie internet het nie.) Baie dankie

Back to top button