Plaaslike hengelklub vaar goed op die Vaal

Plaaslike hengelklub trek die visse uit tydens hul besoek aan die Vaaldam.

Suikerbos Harriers Hengelklub en Westonaria Hengelklub het onglangs saamgesmelt.

Dié groep hengelaars het op 3 Augustus na die Vaaldam gestroom om hul maandelikse kompetisie daar aan te bied.

Tydens die geleentheid het sowat 51 dapper hengelaars die koue trotseer en na ‘n pretbelaaide dag sowat 81 visse uit die water getrek.

Dié visse het ‘n total van 125,36 kilogram geweeg.

Die dag was ‘n groot sukses en die hengelaars het verskeie spesie vis uitgetrek.

Elkeen teenwoordig het die geleentheid baie geniet.

Die volgende kompetisie sal op 7 September by Cilliers, Vaaldam plaasvind.

Vir meer inligting rondom die klub, of om saam met die klub te hengel, skakel gerus vir Pierre Cronje by 083 636 3324, of Johan van der Walt by 082 333 5102.

Exit mobile version