Local sportSport

Randmark fietsryers tem die Kalahari

Randmark Hardloop en Fietsryklub se bergfietsryers hou Randfontein se naam hoog tydens die Botswana Kalahari bergfiets wedren.

Randmark Hardloop en fietsryklub het op 19 Julie ses bergfietsryers ingeskryf om aan die uiters strawwe Botswana Kalahari MTB Challenge in Botswana deel te neem.

Dit is ‘n wedren van 188km wat oor twee dae plaasvind.

Die eerste skof is 104km lank en skof twee is 84km.

Die wedren vind in spanverband plaas en elke span bestaan uit twee lede.

Beide die lede moet die werden voltooi.

Drie spanne van Randmark het ingeskryf.

Die spanne bestaan uit Paul Kotze en Johan Jonker – span Kettie en Klip, Irene en Jana Jonker – span M en D asook Karin Bezuidenhout en Cherie Siebert – span CK.

Op die dag van die eerste skof is die drie spanne na die Wharic Park Rugbyklub in Gaberone waar die eerste skof begin het.

Die spanlede vertel dat dit lekker koud was met die wegspring maar na die eerste paar kilometer was die koue vergete en het hulle volstoom gery.

Die roete het deur die Mokolodi Wildreservaat geloop waar die wild volop was.

Die spanne het ook hulle kwota van moeilikheid langs die pad gehad wat gewissel het van papwiele, ander meganiese probleme en dan het van hulle verdwaal en baie tyd verloor.

Die spantye na dag een was baie goed.

Span Kettie en Klip het die eerste skof in 6:14 ure voltooi terwyl span CK 6:31 ure geneem het.

Span M en D het 7:06 ure geneem om die eerste skof te voltooi.

Dag twee was bitter koud en die fietse was spierwit geryp.

Na ‘n warm koppie koffie en ‘n ligte onbyt was dit weer tyd om weg te spring.

Die tweede skof se afstand was 84km gewees en span Kettie en klip het ‘n baie goeie dag gehad en het baie tyd ingehaal wat hulle die vorige dag verloor het.

Hulle was ook eerste oor die wenstreep in die Meesterskategorie.

Die skofoorwinning het hulle laat opskuif na die algehele vierde plek met ‘n totale tyd van 10:22 ure.

Span CK het ‘n moeilike dag beleef en het vierde in die vrouekategorie klaargemaak.

Hulle tyd oor die twee dae was 11:57 ure en span M en D het ook ‘n paar plekke opgeskuif en het in die sesde plek met ‘n tyd van 12:02 ure klaargemaak.

Die span bedank hulle borg SuperFlex wat dit vir hulle moontlik gemaak het om die Botswana Kalahari MTB Challenge te gaan doen.

Related Articles

Back to top button