Kry jou rugbykaartjies by Randfontein Rugbyklub

Randfontein Rugbyklub bied nou die Randfontein gemeenskap die geleentheid om hul Curriebeker en toetsrugbykaartjies by die klub te koop.

Met die Curriebekerseisoen wat onglangs afgeskop het, doen Randfontein Rugbyklub ‘n beroep op die gemeenskap om al hul Curriebekerkaartjies by die klub te kom koop.

Volgens die voorsitter van Randfontein Rugbyklub, Billy Vermeulen, beloop die kaartjies R20 per persoon en sluit dit losiefasiliteite in.

“Behalwe vir die Curriebekerkaartjies wat ons by die klub verkoop, het ons ook kaartjies vir die internasionale toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Zeeland op 5 Oktober.

“Dié kaartjies beloop R450 per persoon en sluit ook losiefasiliteite in,” vertel Billy.

Hy vertel verder dat al die geld wat die klub op dié wyse invorder vir die instandhouding van die klub aangewend sal word.

“Al die kaartjies wat by die klub te koop is, se sitplekke is op die boonste vlak van die hoofpaviljoen. Dit is byna op die kwartlyn en ‘n puik plek om te sit en die rugby saam jou geliefdes te geniet,” vertel Billy.

Daar is vir elke kragmeting slegs ‘n beperkte aantal kaartjies by die klub beskikbaar so koop jou kaartjies vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir meer inligting rondom Randfontein Rugbyklub of vir kaartjiebesprekings, skakel gerus die klubbestuurder, Cathy Holton by 082 342 4392 of vir Billy by 082 448 3275.

Exit mobile version