Opinion

BRIEF: ‘Randfontein-stadsraad, ek sak my kop in skaamte’

Ek kan nie eers dink wat besoekers aan ons dorp daarvan moet dink nie, skryf inwoner.

• Anoniem skryf:

Ek is ‘n oud-inwoner van Randfontein en sak my kop in skaamte as ek elke dag verby ons dorp se stadsaal (voorheen die Joodse-saal) in Maughhamweg ry.

Die gras en kakiebos staan vensterbank-hoogte om die gebou.

Ek kan nie eers dink wat besoekers aan ons dorp daarvan moet dink nie. En die munisipaliteit dink nie eers aan die skande as inwoners van ander dorpe kom belangstel om die saal te huur vir troues, funksies en konferensies nie.

En dit in ons eens mooi en trotse dorp.

Related Articles

 
Back to top button