Opinion

BRIEF: Is ons te slap of is ons bang?

'Ek gaan definitief in 2024 my stem uitbring om te probeer 'n verskil maak. Ek daag die hele Randfontein uit om te gaan stem, ek gee nie om vir wie nie, stem net!'

• Frans le Grange skryf:

Wie weet wat die begroting vir 2023/ 2024 sal wees? Vanaf 31 Julie 2023 moet ons meer betaal … hoeveel, vir wat, wat is die persentasie verhoging?

1. Krag – Beurtkrag/ Diefstal
2. Water – Aan en af, pype word nie reggemaak nie
3. Riool – Wat nie werk nie, hele dorp is vol
4. Vullisverwydering – Een keer elke drie weke
5. Paaie – Orals slaggate
6. Parke – Swak tot geen instandhouding (parke en sypaadjies)
7. Sypaadjies – Gras is lank
8. Geboue – Vuil, moet geverf word
9. Begrafplase – Wat ‘n skande
10. Pesbeheer – Daar is nie so iets nie
11. Klein besighede – Hulle dryf handel net waar hulle wil
12. Oortydbetaling – Amptenare/ kontrakteurs word onnodig betaal
13. Raadsvergadering – Word nie maandeliks gehou nie
14. Salarisse – Dit word wel stiptelik betaal

Wil jy met ‘n amptenaar op 27 Junie 2023 praat, kry jy niemand nêrens nie. Almal is in resessie tot 18 Julie wanneer skole weer open. Onthou dan Desembermaand is daar alweer ‘n resessie. Hoekom werk die Wesrandse Distrik Munisipaliteit nie meer soos 28 jaar gelede nie?

Pasop volgende jaar word daar gestem. Nog ‘n resessie om stemme te werf. Hoe kan ek as belastingbetaler aanhou betaal, as daar kamtig so hard gewerk is aan die begroting dat ‘n resessie benodig is? Die hele dorp word tot stilstand gebring oor ‘n resessie.

Dit is jammer dat al ons belastingbetalers nie wil saamstaan en die raad tot verantwoording bring nie. Is ons te slap of is ons bang?

Ek het al die wykvergadering bygewoon en daar het dit duidelik gewys dat die massa van Randfontein nie saamstaan nie. Hoe kan ons weer ‘n mooi dorp hê? Ek het nie die antwoord nie. Maar ek gaan definitief in 2024 my stem uitbring om te probeer ‘n verskil maak. Ek daag die hele Randfontein uit om te gaan stem, ek gee nie om vir wie nie, stem net!

Related Articles

 
Back to top button