Opinion

OPINIE: ‘Misdaadstatistiek ‘n see van rooi’

Opposisie-party sê die vraag is of president Cyril Ramaphosa bereid sal wees om op te tree, en of hy ook net sal toekyk terwyl misdaad verder buite beheer toeneem soos hy toegekyk het hoe Eskom op sy wagbeurt verval.

• Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier skryf:

Soos met die energiekrisis, sit Suid-Afrika met ’n misdaadprobleem wat rampspoedige vlakke bereik het en dringende aandag vereis voordat dit soos met Eskom te laat is om te red.

Altesaam 27 066 mense is verlede jaar van Januarie tot Desember in Suid-Afrika vermoor. Dit is 2 256 per maand of 76 elke dag. Elke ander misdaadkategorie lees ewe skokkend.

Die jongste misdaadstatistieke (vir Oktober tot Desember 2022) maak dit duidelik dat die minister van polisie, Bheki Cele, die stryd teen misdaad verloor het. ‘n Nuwe minister is dringend nodig om die situasie om te keer.

Lees die volledige statistieke hier.

Die vraag is of president Cyril Ramaphosa bereid sal wees om op te tree, en of hy ook net sal toekyk terwyl misdaad verder buite beheer toeneem soos hy toegekyk het hoe Eskom op sy wagbeurt verval. Alle misdaad in die kategorie waar misdaad teen die persoon gemik is (kontakmisdaad), het skerp toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede.

Lees ook: Gauteng crime stats spike: The reasons and plan going forward

Dit sluit in moord (7 555, op met 10,1%), seksuele oortredings (9,6%), poging tot moord (24,3%), aanranding met die doel om ernstig te beseer (8,7%), aanranding (12%), roof (21,2%) en gewapende roof (10,8%). Die gemiddelde toename is 11,6%.

Wat seksuele oortredings aanbetref, het verkragting toegeneem met 9,8% en seksuele aanranding met 4,1%. Verlede kwartaal was die toename in kontakmisdaad 14,75%.
Wat die gevreesde trio-misdaadgroep aanbetref, het motorkapings (teenoor ’n jaar gelede) toegeneem met 2,8% en roof by woonhuise met 8,6%.

Rooftogte elders toon ’n geringe afname van 3% wat feitlik die enigste ligpunt is. Vragmotorkapings is egter op met 9,8%. Die toename in die sogenaamde minder ernstige misdaad is ewe skerp. Dit is die soort misdaad waarmee gewone Suid-Afrikaners daagliks mee te kampe het, soos inbraak in woonhuise (op met 7,4%), diefstal van motors en motorfietse (3,3%), diefstal uit motors (9,9%) en winkeldiefstal (23,3%) wat ’n groot invloed op hul alledaagse lewe het.

Dit beteken dat buiten die gevaar teen persone self, ook hul eiendom toenemend die teiken van misdadigers raak.

Suid-Afrikaners wat reeds swaar gebuk gaan onder die krimpende ekonomie, moet groot kostes aangaan om hulself, hul geliefdes en eiendom te beveilig terwyl die polisie al hoe minder beskerming bied.

Sê jou sê oor die jongste misdaadstatisieke deur ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za te stuur.

Related Articles

 
Back to top button