BRIEF: Sterk optrede nodig om vroue en kinders te beskerm

'Die vrou se stem moet gehoor word. So nie het Vouemaand, wat so ywerig gevier word, geen doel nie' – VF Plus.

• Amanda de Lange, VF Plus-LPW: Gauteng skryf:

Die VF Plus in Gauteng sal nie langer stilbly oor die geweld teenoor vroue en kinders nie. Dit is daarom nodig om te weet waarom gesinsgeweldsake sloer, skuldiges vrygespreek word en daar min of geen hulp vir slagoffers is nie.

Lees ook: LETTER: We need to protect and defend women at all costs

Die VF Plus het tydens ‘n Vrouedag-ontbytgeleentheid wat die speaker van die Gautengse wetgewer aangebied het, gesê dit is uiters moeilik vir vroue om trauma te verwerk wanneer hulpmiddels en ‘n ondersteuningsnetwerk ontbreek.

Die emosionele letsels wat agtergelaat word, is in baie gevalle groter as ‘n liggaamlike besering.

Gebroke vroue het soveel meer nodig in ‘n stukkende wêreld waar ondersteuningstelsels ontbreek. Die regering moet opstaan en luister na die hulproep van vroue.

Die VF Plus het organisasies aangemoedig om na vore te tree om mishandelde vroue by te staan. Die huidige generasie moet ook onderrig word in die voorkoming van geweld teenoor vroue en kinders.

Die vrou se stem moet gehoor word. So nie het Vouemaand, wat so ywerig gevier word, geen doel nie.

Lees ook: Women’sMonth: Westonaria cops lead march against violence

Exit mobile version