Opinion

BRIEF: Henry ‘Hennebol’ Philemon – Die kerk was leeg sonder hom

'Bolle het onlangs saam met sy eregasmedespelers van Soweto, Kagiso en die Kaapse Vlakte die gehoor betower' – inwoner.

• Desmond Dickson skryf:

Henry ‘Hennebol’ Philemon, ons veelsydige meesterkitaarspeler wat nou oor sy eie musiekopname-ateljee beskik, het hom van die Rasta Rebels onttrek om na sy eie belange om te sien.

Bolle het saam met sy gesin Die Philemon Dansers sy belofte ‘Ons sal verrys’ by die begrafnisdiens van sy ma-pastoor in Oktober-maand, getrou gestand gedoen. As bestuurder van ons destydse groep Siloam was hy eintlik weens sy wydverspreidenheid ons algehele musiekleier en aflosmusikant. Die kerk was leeg sonder hom.

Bolle het op Saterdag, 5 Junie saam met sy eregasmedespelers van Soweto, Kagiso en die Kaapse Vlakte die gehoor betower met hul besielende optrede by die gemeenskapsaal.

Volgens sy oom Baas Sechel wat ook die vertoning bygewoon het was die atmosfeer elektries en Bolle het met sy geniale spel letterlik alle koronavrese verdryf, en daar was nie-moedswillig geen regulasies en inperkinge nie. Geen gevalle van losbandige dronkenskap, onordelikheid en waterpyprokery is aangemeld nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button