KYK: Ons slaan die boerpot in die Pilanesberg!

Ek was weer onlangs bevoorreg om die Pilanesberg saam met familie te besoek. Dit was drie nagte en vier dae van net 'n bietjie wegbreek.

• Clinton Botha, die redakteur skryf:

Om die Groot Vyf almal binne vier uur op een dag met my eie oë te sien is ‘n nuwe persoonlike rekord.

‘n Koedoe-ooi, een van die talle bokke wat ons gesien het.

Ek was weer onlangs bevoorreg om die Pilanesberg saam met familie te besoek. Dit was drie nagte en vier dae van net ‘n bietjie wegbreek.

Ons het almal lekker vroeg in ‘n konvooi soontoe gery, by Harties gestop en bene gerek, na die nuwe winkelsentrum gaan kyk en padkos gekoop … mens moet ‘n yskoue koeldrank, ‘n pakkie tjips en lekkers hê want ons was nog nie eers halfpad nie. Daarna val ons toe weer in die pad.

Kort voor ons aankoms by die Pilanesberg besluit ons almal om dié keer bo in die reservaat net voor Sun City in te gaan – by Manyane en nie by Bakubung nie.

Die eerste ding wat ons tussen die oë tref was die kort, pikswartgebrande gras. Ek was bekommerd want waar is die diere? Gaan ons ooit iets sien? Al wat ons daardie dag gesien het was die gewone sebras, wildebeeste, rooibokke, seekoeie en voëls.

Dag twee was ‘n bietjie meer opwindend en net so voor 07:00 word ons in die parkeerarea by die reservaatingang bewus gemaak van ‘n jong leeumannetjie agter die toilette. Hy was verward en kon nie sy pad terugvind reservaat toe nie. Jy hoor net mense skreeu ‘Bly in jou kar!’ Na ‘n lang ruk het die arme leeu steeds nie self teruggeloop nie, en daar is toe besluit om hom te verdoof. Kyk na die video hier [ ].

‘n Renoster met sy kortgesnyde horing.

Toe kom dag drie … Heel eerste sien ons ‘n leeumannetjie wie se pens amper op die grond hang, daarna ‘n trop buffels in die skaduwee, toe ‘n trop olifante wat sommer oor die pad loop, asook renosters. Ongelukkig is hul horings kortgesny om stropers weg te hou. Heel laaste en natuurlik die kersie op die koek was toe ons ‘n jong luiperdmannetjie teëgekom het.

‘n Klomp voëls in ‘n boom in die dam.

Dit het gelyk of hy besig was om te jag, en ons was baie in ons noppies. Mens sien selde ‘n luiperd, en om hom reg langs jou voertuig te sien beweeg is seker die heel mooiste gesig – dis nou behalwe my vrou natuurlik!

‘n Likkewaan op ‘n rots.

 

Die dikgevrete leeumannetjie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version