G’n politieke uitgesprokenes in Toekies

Vir wie moet die stemloses nou weer 'n kruisie trek?

• Desmond Dickson skryf:

Onderwyl die plaaslike owerhede behep is met organisering van die plaaslike munisipale verkiesing gedurende die ‘mooiste-mooiste’ maand in Oktober, is die algehele gebied chaoties besig om in duie te stort.

Merk wel: Daar heers tans die wegspoeling van swak herteerde strate, slaggate, die onvoltooiing van die swembad, onbeduidende kleinsakesentrums en voortdurende beurtkrag onder Appolo-ligte wat bedags in die land van die blindes skyn.

Voor my huis vloei daar skoon drinkbare water agv ‘n lekkasie te midde van toegesitte verstopte dreineringstelsels. Die renbaan van onverskillige motorryers in ons gebied, die ‘vierhoeke’, beskik oor geen spoedhobbels nie.

Onverantwoordelike slordige inwoners het die onlangse verwydering van rommelhope weer laat opdam.

Vir wie moet die stemloses nou weer ‘n kruisie trek?

Daar bestaan huidiglik geen politieke uitgesprokenes in Toekies nie. Ons monde is jammerlik onder politieke dreigemente toegestop.

Niemand praat meer nie. Laat ons praat!

Exit mobile version