Opinion

Ten Acres bestaan nie volgens ‘hulle’ nie

Ons is al moeg gekla by die munisipaliteit om die paaie te kom herstel, maar dit val op dowe ore.

• Isabel Coetzee/ anoniem skryf:

Hier volg ‘n epos van my ouers af. Ek gaan niks verander aan die bewoording nie want dit is hoe hulle voel. Ek kan egter byvoeg dat my ma dit baie sagkens stel want my ouers is verleë oor hulp.

Dit lyk pateties daar – om mooi woorde te gebruik. Daar is al ‘n vrou glo oorlede omdat nooddienste óf vasgesit óf verdwaal het. Die paaie is totaal onbegaanbaar. Die mense wat op Ten Acres woon is afgeskryf deur die munisipaliteit – volgens hulle bestaan Ten Acres nie. Die inwoners se geld is genoeg maar hulle lewensomstandighede tel nie.

Kontak asb my ma of beter – gaan besoek haar. Ry net met ‘n donkiekar want ‘n gewone voertuig kan nie daar ry sonder om onderstelskade op te doen nie.

Die foto’s (aangeheg) mag dalk nie wys hoe dit regtig lyk nie. Ek nooi die mense om self te kom kyk. Selfs mense met 4X4-voertuie moet dit maar rustig vat.

Die paaie is totaal onbegaanbaar. Foto ingestuur.
Die paaie is totaal onbegaanbaar. Foto ingestuur.
Die paaie is totaal onbegaanbaar. Foto ingestuur.

Ons is al moeg gekla by die munisipaliteit om die paaie te kom herstel, maar dit val op dowe ore.

Jare gelede het hulle nuwe kragpale in ons omgewing geplant. Ons kry toe gelukkig ‘n lig by ons hek wat deel van ‘n T-aansluiting uitmaak. Maar o wee, die lig het net ‘n paar maande gewerk en sedertdien is dit pikdonker. ‘n Gat op een van die foto’s is reg voor ons hek en onder die lamppaal.

Mense wat nie die plek ken nie kan hul voertuie lelik beskadig in die donker. Van die gat af moet ‘n mens die sloot drie keer kruis voordat jy die opdraande aandurf na ons ander ingang, wat op ‘n stadium gelyk was met die pad.

Ons het oral probeer hulp soek, tot by politieke partye, maar hulle is stil soos die graf. Een het darem met die vorige verkiesing vir ons gesê die munisipaliteit is bankrot. En hy ry nie met sy kar op ons grondpaaie nie.

Ons twee buurmanne wat altyd vir ons die pad in stand gehou het, is oorlede. En ons kan dit nie self doen nie. Ons is aan die ander kant van 70 en het nie die finansies nie.

Nog een so ‘n stortbui reën soos ons al gehad het, en is ons afgesny.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button