Opinion

Kleinhandelaar moet sokkies optrek

Lekker, dan word daar niks gedoen nie en ons as klante moet self pak.

 

• Anoniem skryf:

Graag wil ek iets skryf oor die swak diens deur ‘n kleinhandelaar in Horison, Roodepoort aan ons as kopers.

Ons was Saterdag, 6 Maart om 6nm daar om kruideniersware te koop – wat baie lekker was aangesien die winkel stil was en ons met gemak deur die rakke kon loop sonder dat jou bloed kook.

Tot jy by die kasregister kom met ‘n groot waentjie vol kruideniersware en daar is nie pakkers om te help nie. Kla jy by die dame wat jou regtig uit die goedheid van haar hart help, word vir jou gesê, ‘Sir, this is happening the full day. I must do the till and pack.’ Swak verby.

Ek het die bestuurder gaan roep en gekla – dié is net so useless en sê hulle sal dit nou regstel. Lekker, dan word daar niks gedoen nie en ons as klante moet self pak.

Dit werk nie so nie. Ek dink hierdie kleinhandelaar moet hul diens verbeter anders gaan hulle meer as net ons as klante verloor.

Related Articles

Back to top button