Regstelling: Verkeerde gesig, verkeerde foto

Die Herald vra aan albei ouers om verskoning vir die fout.

• Die redakteur skryf:

Op bladsy 13 in die skole-afdeling van die Herald se 22 Januarie 2021-uitgawe met opskrif Die gesig van Ram-wenners is die verkeerde byskrif by ‘n foto gegee.

Dit lees: ‘Charlene Joubert (Pre-Primer Formeel-wenner) en Doreen Bezuidenhout (Mej Wes-Rand)’.

Die dogter in die foto saam met Doreen is inderdaad Elzané van der Linde (Pre-Primer Slenter-wenner) en nie Charlene Joubert nie.

Charlene Joubert is op die foto langs die berig.

Die regstelling is ook reeds op die webwerf gedoen.

Die Herald vra aan albei ouers om verskoning vir die fout. Dit is so vir ons deurgegee.

Exit mobile version