Opinion

R’fonteiners staan saam om Kersfees feestelik te maak

2020 was ongelooflik rof op elke ene van ons, maar dis so 'n riem onder die hart om te sien hoe mense uit hul pad gegaan het om die jaar op 'n goeie en feestelike noot af te sluit – inwoner.

‘n Anonieme inwoner het die volgende brief aan die Herald geskryf:

Ek wil net graag my ‘2c worth’ insit soos hulle in Engels sê.

2020 was ongelooflik rof op elke ene van ons, maar dis so ‘n riem onder die hart om te sien hoe mense uit hul pad gegaan het om die jaar op ‘n goeie en feestelike noot af te sluit.

Ons moes alle planne vir 2020 kanselleer en alles is maar nog heel onseker. Een ding is wel seker … ons het die jaar oorleef en dis so lekker om te sien hoe mense die afgelope feesseisoen hul huise versier het.

Lees ook: Your Christmas lights competition winners!

Ek weet by Springbokstraat 32, Greenhills en ek dink ook by baie ander huise in die hele Randfontein en Krugersdorp, asook Westonaria, is besluit dat al kan Kersfees nie soos ander jare gevier word nie, ons ‘n bietjie vreugde met ander kan deel – al is dit net met liggies en versierings in die tuin. Al die mense het baie moeite gedoen en ek dink dis vir almal van ons lekker om deur die strate te kon ry en daarna te gaan kyk.

Daar is vroeg reeds begin om die liggies bietjie vir bietjie aan te koop, en toe was die groot werk om dit op te sit en elke aand aan te skakel en af te sit, maar wat ‘n plesier was dit nie as ‘n motor of twee stop en mens kan dink hoe kinders en selfs volwassenes dit geniet het.

Dit maak al die harde werk om Kersvader elke aand in en uit te dra die moeite werd. Dankie vir almal wat deelgeneem het om dit super spesiaal te maak, vir oud en jonk.

Dankie aan elke persoon wat deelgeneem het om hierdie positiwiteit te help versprei en met ander te deel. Dit sluit ook die trok in wat spesiaal by Tony’s gestop het en om te weet hul gaan klein kindertjies by ‘n kinderhuis besoek, was ekstra spesiaal en so ‘n mooi gebaar is. Dis menslikheid in sy suiwerste vorm.

Vriendelike groete.

Related Articles

Back to top button