‘Ons vrees!’ ‘Ons vrees!’

Desmond Dickson skryf:

 

‘n Bekende doktor het destyds as president van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, universeel verkondig dat die SA-regering ‘n gesofistikeerde moordmasjien is – tot ontsteltenis van die polisieminister.

In die lig van die onlangse afmaaiing van die jeugdige Nathaniel Julies van Eldos vind sy woorde steeds weerklank deur die gange van die geskiedenis.

Nathan is Saterdag, 5 September uit die Mount Carmel Pinksterkerk ter ruste gelê onderwyl die sluipende storm steeds voortdreig.

Landwyd word gevrees dat bendegeweld, volgens ons erfenis, weer sal ontvlam … God verhoed!

Bendebedrywighede word in beskaming as kultuur in ons gemeenskappe geëien. Ons hoop is nou biddend gevestig op eerwaarde Kenneth Meshoe, ‘n ACDP-LP wat ook die begrafnis bygewoon het en gevleuelde trooswoorde aan die familie en die stukkende gemeenskap oorgedra het.

Dalk moet die gewyde blaasorkes van SAPD in die strate van ons gemeenskappe paradeer om die vertroue van ons mense te herwin.

‘Ons vrees!’ ‘Ons vrees!’ het gekwelde inwoners van Eldos oor ‘n radiostasie uitgeblaker.

Waarom is ons gemeenskappe landwyd politieke brandpunte?

Let wel: Ons is suster-gemeenskappe saamgestel uit Eldos, Eersterus, Reigerpark, Die Kaapse Vlakte ens.

Ons is Afrikaans en sukkel om kalm te bly.

Exit mobile version