Opinion

Inwoners tart die dood

Desmond Dickson skryf:

Die waarnemingskletsradiostasie 702-EWN het oor die lug uitgesaai dat Toekies eksklusief uitgesonder word as een van die min gebiede waar die lewe, na die Covid-19 uitbraak, ongestoord voortgegaan het.Inwoners tart die dood en het selfs na die afsluitingsregulasies die verbode kontak soos handdrukke en omhelsing in die openbaar geïgnoreer.

Hulle het selfs die verbod op drankverkope gekniehalter en hulle as alternatief tot goedkoper tuisbrouerye gewend.Volgens die profetiese geskrif in Esegiël 16 vers 49 was die ongeregtigheid van Sodom ‘n oorvloed van brood en sorgelose rus, en dit het tot hulle uitwissing gelei.

Treurig is die ‘arme’ kinders van hulle daaglikse brood ontneem deur die onbepaalde sluiting van skole, kindersorg en kerkbyeenkomste wat nie vervang kan word nie. Die president pleit nou by die volk vir gebed hoewel hy godsdienstige samekomste tot die minimum beperk het, en dreig selfs die ‘sondaars’ met vonnisoplegging! Gelowiges is stilgemaak en selfs die Sionistiese blaasorkes, ‘n hanetree van my af, se oorwinningstrompette is uitgedoof gedurende die gedenkwaardige Paasnaweek. Gebede het afgeneem en die plaag het toegeneem.

Verbode middele floreer aangesien niemand die werklikheid sober in die oë wil staar nie. Alle godsdienste se geloof is gebaseer op die skrifgedeelte in die pentateug, Eksodus 15 vers 26: ‘Ek is die Here wat jou gesond maak’.

Related Articles

Back to top button