Opinion

Nou trek die rook …

Desmond Dickson skryf:

Die algehele samelewing is soos die wind, yl verbyster rondom die Covid-19 regulasies, byvoorbeeld afstand’beheer’, huis-, kerk- en begrafnisbywoninginperkinge.

Tabak en alkohol is die vermeende sondebokke. Wat maak die regering in die kantoor vas? Dagga- en drankverkope is onder streng bepalings en voorwaardes gewettig onderwyl volksvreemde sigarette weens gesondheidsredes verban is (geprivatiseer?)Hieroor verbly die smokkelaars hulle aangesien die regering ‘n skuifgat geskep het vir driedubbele prysstygings om die koffers van die swendelaars te vul. Voedselvoorbereiding by begrafnisse met bemiddeling van driepoot-swartpotte, braaivleisgesellighede en die algemene sosiale verkeer is deur die sorggewende toesighoudende presidensie versigtigheidshalwe gestaak en uitgeblus, en eerder meer onwettighede na vore laat tree.

(Nou trek die rook …)Op Saterdag, 27 Junie het die keelvolle straatsokkerspelers die toernooie by die omstrede ‘vierhoeke’ onder die oë van myself en Enrique Bhana hervat; sonder maskers, ontsmettingsmiddele en noodlottige voorvalle. Plesierigheid het helaas geseëvier.

Hemelbesem, my broer! Sê jy my tog: Hoe sing, bid en jubel ons nou in ons kerke? Met monderings?

Die ‘Kragmanne’ kan nie langer meer met handoplegging en oliesalwing vir die siekes bid nie, aangesien ons almal nou vermoedelik ‘besmet’ is.

‘n Pastoor kon sy dienswillige verpleegsterdogter ten laaste nie aanskou nie. Haar dood was korona-verwant na haar behandeling van ‘n kwynende pasiënt wat oorleef het.

Related Articles

Back to top button