Opinion

Die elektrisiteitafdeling van die Randwes Munisipaliteit ‘rock’!

Baie dankie vir julle harde werk, deursettingsvermoë, geduld en omgee.

Op Vrydagoggend, 13 Maart, slaan die weerlig ‘n 20 ton (10kVA) transformator raak. Die vlamme vat oor en brand alles uit.

Die hitte is so erg dat die geboude mure van die spaartransformator ook buig! En onmiddellik word ongeveer 11 000 mense se lewens in duisternis gegooi! Letterlik! Niemand het elektrisiteit nie.

En die elektrisiteitspanne begin werk. Dag en nag. Onder baie druk. En om die kroon te span begin dit ook nog te reën! As jy enigiets van elektrisiteit af weet sal jy weet hoe gevaarlik hoogspanningskrag en reën saam is. Maar die manne bly werk. Dag en nag. Wind, son en reën.

En ek wil dankie sê. Dankie aan Hannes, Fanie, Ernst, Mike en Richard en elke werker wie se naam ek nie ken nie. Julle is die heroes!

Baie dankie vir julle harde werk, deursettingsvermoë, geduld en omgee. Julle het jul eie privaatlewens on hold gesit sodat ander mense gehelp kon word. Die elektrisiteitafdeling van die Randwes Munisipaliteit rock!

Dan wil ek ook dankie sê vir ander rolspelers naamlik Antonie en sy pa van Amcoil, Henry Boyce van die GPF vir sy bystand, Johan Booysen en EPR Sekuriteit, en AfriForum wat wagte beskikbaar gestel het.

En ook aan raadslid Alwyn van Tonder van die DA (die enigste politieke party wat daar teenwoordig was) wat sedert Vrydagoggend, elke dag daar gaan ondersteun het. Wat op vele WhatsApp- en Facebook-groepe asook deur privaat oproepe terugvoering gegee het aan die publiek.

Aan elke lid van die publiek wat koeldrank gebring en selfs ‘n dame wat pannekoek gebak het … baie dankie! Dankie ook vir die publiek wat moeite gedoen het om self te ry om te gaan uitvind wat regtig aan die gang is en nie net enige storie te glo nie.

Aan die ses of sewe mense wat regtig uit hul pad gegaan het om die werkers/ ondersteuners swart te smeer, af te breek met skimpe en verwyte en onredelike aanmerkings … dit is regtig tyd dat julle bietjie hand in eie boesem steek en begin waardeer wat daar vir julle gedoen word – mense wat hul eie privaatlewens opgegee het sodat hulle daar vir julle gerief kan wees.

Related Articles

Back to top button