Wie se probleem is dit nou?

Rand Water sê dis nie hulle probleem nie, dis die munisipaliteit se probleem; die munisipaliteit sê dis Rand Water se probleem.

Ek hoop julle kan help want die mense is al moedeloos.

Daar is sewe huise buite Westonaria. Die mense daar is oud en sieklik en sukkel finansieel.

Hulle kry net SASSA-toelae. Hulle water is al langer as sewe jaar afgesit, en die DA het gereël dat daar ‘n kraan aan die watertenk gesit word.

Daar waar Westonaria teen die berg staan het hulle die afgelope ruk nie water nie; die mense gebruik vyfliter- en 20-literkanne om water aan te ry.

Die water se klep is toegemaak.

Rand Water sê dis nie hulle probleem nie, dis die munisipaliteit se probleem; die munisipaliteit sê dis Rand Water se probleem.

Die mense het jare terug lopende water gehad. Die pype lê tot by hulle huise. Die mense is bang om te kla want niemand betaal huur nie, die mense sukkel regtig.

Is daar nie iemand wat hulle kan help nie asb?

Die Herald is in die proses om hieraan aandag te gee — Red.

Exit mobile version