Dankie vir hulp op ongelukstoneel

Baie dankie dat daar nog mense is wat nie die ander pad kyk nie en bereid is om betrokke te raak om te help.

My man, Johann Kruger was op Woensdag, 19 Februarie in ‘n ongeluk na 5nm in Eerstestraat, Aureus betrokke.

Ek wil baie graag die volgende mense bedank vir hulle hulp en bystand:

Hennie en LinnMarie van Hensa Engineering, baie dankie dat julle uit jul pad gegaan en gewag het vir die polisie om te kom terwyl ons Johann hospitaal toe geneem het. Dankie dat julle die bromponie daar gehou het tot ek hom kom haal het.

Dankie aan Leon van Leon Service Centre vir die video-opname van die ongeluk.

Dankie Corrie, Valerie en Theuns wat daar was met die ongeluk en foto’s geneem het.

Dankie vir almal wie se name ek ongelukkig nie het nie en wat my man uit die pad gekry en die bromponie van hom afgekry het.

Baie dankie dat daar nog mense is wat nie anderpad kyk nie en bereid is om betrokke te raak en te help.

Exit mobile version