Opinion

Nou het die hel losgebars!

Die gemeenskap steun meer op Mannekrag om booshede te stuit.

Ten midde van ‘n geslote nuttelose polisiekantoor is daar by WAWA se perseel reg langsaan ingebreek en lewensbelangrike toerusting soos rekenaars en kombuistoerusting is geplunder.

Dit het die antimisdaadorganisasie, Mannekrag, onder leierskap van my buurman, Elton Martin, van die uithangplek ‘Kom later’ die harnas ingejaag.

Om sake te vererger weier die plaaslike polisie om aan die manskappe erkenning te gee. Nou het die hel losgebars!

Daar is selfs by die poskantoor en ses ander huishoudings ingebreek, sonder enige polisieteenreaksie. Die WAWA-voorbok, Enrique Bhana is egter hewig ontsteld oor die gewelddadige metodiek van Mannekrag en het hulle gemaan om nie boewegeregtigheid toe te pas nie en eerder die booswigte aan die polisie te oorhandig, wat in hierdie stadium hoogs onwaarskynlik voorkom, weens hulle ontkenning.

Daar moet konsensus bereik word tussen die twee organisasies.

Dinge ruk hand uit, van sleg tot erger, en die gemeenskap steun meer op Mannekrag om booshede te stuit. In die lig van gebeure vrees almal om hul huise te verlaat.

Related Articles

Back to top button