Opinion

Ek kry altyd koud

Ek dink dit kom van armoedig grootwoord op 'n bl%iks@&se plot!

Ek’t dié probleem van kindsdae af – koudkry. Kry altyd koud …

Ek dink dit kom van armoedig grootword op ‘n bl%iks@&se plot! Dit daar gelaat. Donderdag, 22 Augustus is ek in die hospitaal opgeneem vir ‘n prosedure. Ek moes teen halfses in die hospitaal wees want die teaterlys het my opgehad vir seweuur. So gesê so gedaan en op die regte tyd het hulle my kom haal, bed en al, al kletsend die gang af teater toe. Daar gekom is ek met bed en al eers in ‘n soort van ‘wagkamer’ gepos vir die afhandeling van nodige vooraf prosedures voordat jy nou eintlik ligte en klipbed toe gaan vir die mes.

Lê ek daar en koudkry en my verwonder aan al die doenighede alom my, toe sy van nêrens by my voetenent verskyn. Ek dink haar titel is teatersuster.

Beloer sy my deur haar bril: “Kry jy koud?” vra sy, seg ek, “Altyd”.

“Geen wonder” sê sy “jou voete is feitlik oop” en sy druk my beddegoed deeglik weer op plek. “Genade” gaan sy voort. “Voel hoe ysig is hierdie twee voete!” en weg is sy.

Nie twee minute later nie is sy weer terug met ‘n netjies opgevoude flennielaken op haar twee arms. Woordeloos word al my beddegoed gestroop en kundig vou sy my toe in die voorafverhitte laken en gooi my weer toe met my beddegoed!

Ek’s sprakeloos en al wat ek kon mompel was, “Dankie, dankie”. Sy kom staan by my koppenent en sê, “Ek’t passie vir my pasiënte,” en verdwyn weer.

My Koning: Verdra my, groot asseblief! Vir die hele tyd daarna totdat ek klipbed en mes toe is was hemels! Omvou haar en haar gelyke in U kosbare deurboorde hande, want hulle is fyn goud!

Related Articles

Back to top button