Hoekom op ‘n bejaarde dame skreeu?

Jy moet nogtans 'n plakker vir gestremdes op jou voorruit hê wat aantoon dat jy so 'n passasier vervoer.

Die meneer wat in ‘n spesifieke kleur bakkie op die parkeerplek vir gestremdes by Village Square op 21 Augustus gestop het en op my geskreeu het, die volgende.

Ek het jou gevra hoekom jy daar stop. Dit was die gedrag van ‘n man sonder opvoeding. Jou antwoord was dat jou passasier ‘n gebrek het. Dit verander niks.

Jy moet nogtans ‘n plakker vir gestremdes op jou voorruit hê wat aantoon dat jy so ‘n passasier vervoer.

Dit is gratis by die Verkeersdepartement beskikbaar met ‘n eenmalige brief van ‘n mediese dokter wat stipuleer dat die persoon (passasier) ‘n probleem het.

Dink asseblief volgende keer voordat jy jou humeurtjie laat opvlam en so lelik skreeu op ‘n bejaarde dame. Ek het in elk geval nie vir jou geskrik nie.

Jou humeur het my min gepla of beïndruk.

Exit mobile version