Wees Mandela-gesind

Sy skouspelagtige landing per helikopter by die Ace Ntsoelengoe Stadion was opspraakwekkend.

Kort na sy vrylating het die nuus van President Nelson Mandela se besoek aan Verries soos ‘n veldbrand deur ons onderskeie gemeenskappe versprei.

Sy skouspelagtige landing per helikopter by die Ace Ntsoelengoe Stadion was opspraakwekkend.

Onder luide uitroepe van ‘Halala’ het hy met ‘n gebalde vuis in die lug om die veld in die stadion gedraf en die mense – wit, bruin en swart – triomfantlik gegroet.

Hy’t selfs die rooi mat na die verhoog ‘vergeet’. Tokyo Sexwale, Jay Naidoo en hul lyfwagte het laggend in verwondering na die manewales van Madiba gestaar. Die arend het geland …

Vreemdsnaaks was sy openingsrede hoofsaaklik gemik op die vrese van die wit gemeenskappe wat deur die ANC-gesinde Uncle Ray Botha geopper is.

Hierdeur het mnr Botha vuurmaakhout voorsien vir die begrafnis van my ma.

WAWA se tema vanjaar is ‘Wees Mandela-gesind’.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version