Opinion

Staan op teen die bose en dwelms

Waarom tree die klaende publiek nie daadwerklik op om hulle besorgdheid te toon nie?

In die lig van die onlangse vandalisme, inbrake en diefstal by kerke, skole, die kliniek en die algehele publiek is daar ‘n opmerklike infiltrering van satanisme in Toekies.

Mnr Winston Morris, die teruggekeerde skoolhoof van RSS-skool is ‘n verpletterde mens na die onlangse onopgemerkte diefstal van 16 leerdersbanke onder die neus van die publiek.

Duiwelsbesetenheid en dwelmafhanklikheid word hier bespeur.

Die FBI-hoofgedagte is hier van toepassing: ‘Om te fouteer is menslik, en oor te sien ‘n fout. Jy kan vlug maar nie skuil nie’.

Beeldmateriaal wat Enrique Bhana van WAWA van die vernietigde baddens by die St Joseph’s Anglikaanse Kerk, nes naburiges, op kamera vasgelê het, is ontstellend.

Waarom tree die klaende publiek nie daadwerklik op om hul besorgdheid te toon nie?

Uit eie sak beloof mnr Morris ‘n beloning aan wat sal lei tot die inhegtenisname van die boosdoeners. Enrique is geestelik diep gekwel oor die stilswye van ongeveer 80 kerklike leiers en hul samelopers.

Die kleinsakesentrum is ongebruik na vele beloftes van opleidingsentrums vir opkomende ambagsmanne. Dit ontstel die uitgetrede mnr Shykie Flowers, ‘n kundige in sweiswerke en masjinerie.

Wie sal nou vir ons tot die stryd toetree?

Related Articles

Back to top button