Opinion

Welgedaan ‘Shanna’ Bampton!

Dis hoe presteerders gebrei word in die ateljee van ons denke, hier plat op die aarde.

Reg in die gees van Kinderbeskermingsweek het die trotse ouers van die sewejarige Rushaana ‘Shanna’ Bampton, Albyn en Anisha, alles in die stryd gewerp om hul liewe modeldogter nie te laat ontspoor nie en haar van alle negatiwiteite te weerhou.

Op Saterdag, 22 Junie het sy weer pryse ingepalm by die RSS Saal waar die Juffrou Winterkompetisie aangebied is.

Sy’t as oorwinnaar weggestap sonder haar kroon en skoonheidsmiddele wat volgens haar skermvleuel, Pamela Pietersen weens meganiese vertragings nog nie afgelewer is nie.

Sy’t wel haar gordel ontvang.

Dis altyd besielend om die kind waar te neem tydens haar repetisies tussen sand en bakstene onder die waaksame oog van haar afrigterniggie Pricilla Bhanoo, myself as die kamtige beoordelaar en die verbygangers in die straat as toeskouers.

Alles so lokasie-gewys …

Dis hoe presteerders gebrei word in die ateljee van ons denke, hier plat op die aarde.

Haar ouers beplan ‘n alles-in-een feesviering waartydens Shanna gewoonlik aan wysneuse se lippe hang om hul tande te tel. Kinderlik!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button