Opinion

Wie ken nie vir Oom Boekies nie?

Hy dien nog steeds te fiets getrou met heldere denke en herinneringe van vergete gestorwenes.

Een van die laaste oorlewende oudstryders van die Tweede Wêreldoorlog, Freddie ‘Oom Boekies’ Solomons, nou ‘n wewenaar, het vanjaar op 23 Mei die ouderdom van ongeveer 96 jaar (oorlogsverwarring in sy dokumente) bereik en stry nog steeds ‘stadig’ oor die klippe voort op sy antieke trapfiets.

Oom Boekies is die vader van die toesighoudende ‘ouer van dae’ Aunt Gerthy, Catholine, Hester en die volwasse Alfred ‘Scarlies’ Solomons wat in tere ontferming deesdae na hom omsien.

As eertydse koster van die hedendaagse VG Kerk, vroeër NG Sendingkerk, ken hy uitsluitlik self die geskiedenis van die oorlogsklok wat destyds na die oorlog deur die Duitsers aan die verontregte bruinmense geskenk is tydens die ontstaan van die kerk waarvan hy ‘n fondasielidmaat is.

Wie ken nie vir Oom Boekies met sy ‘Geen Nonsens’-geaardheid van die witboordjie NG Kerkraad nie?

Sy kinders het hom uit eerbetuiging en ouerlike respek oral heen feestelik vergas.

Soos Aunt Gerthy dit self stel, “Ebenaeser, tot hiertoe het die Here ons gedra en nog steeds!” Geen jongeling se plek is so netjies versorg soos sy medestryder, ons ouma Mammie Sarah Wangra (100) nie.

Hy dien nog steeds te fiets getrou met heldere denke en herinneringe van vergete gestorwenes.

Lank lewe Oom Boekies!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button