Opinion

Dankie Jan en jou hele span!

Swak diens word so maklik raakgesien en oor geskryf maar wanneer ons goeie diens ontvang, word dit net stil gehou.

Ek stuur die volgende brief namens ons almal in Venterspos en so ook die groter Westonaria-gebied.

Swak diens word so maklik raakgesien en oor geskryf maar wanneer ons goeie diens ontvang, word dit net stil gehou.

Ek spreek vandag namens ons Westonaria-/ Venterspos-gemeenskap ons dank uit teenoor die elektrisiteitafdeling van Westonaria. Jan van Rensburg en sy span is tops en gaan altyd uit hul pad om ‘n plan te maak.

Hulle het ‘n baie ondankbare werk en mense word gereeld warm onder die kraag as hulle sonder krag sit, maar hierdie manne/ vroue gaan uit hul pad en werk deur die nag as dit moet sodat hulle ons dorp so gou as moontlik weer aan die gang kan kry; en dit met baie beperkte hulpbronne.

Jan en jou hele span, julle wys wat werktrots en integriteit is en ons sê dankie aan julle.

Related Articles

Back to top button