Opinion

Bewyse! Pad op brug bestrooi met klippe en sand

Dit is moeilik om te bepaal wie verantwoordelik is vir die gemors want daar is talle firmas/ besighede in Randfontein wat Ready Mix kan lewer.

Fietsryers het ‘n probleem met glasstukke, klippe asook stukkies metaal op paaie wat bande beskadig.

Ek self moes vir drie dae agtereenvolgend ‘n fietswiel herstel.

Op Vrydag, 12 April, is die pad van die brug soos jy by die dorp inkom oorgeteer. Dieselfde dag het ‘n vragmotor wat Ready Mix vervoer, klippe, sand en sement op die pad gemors. Ek het met die mense gaan praat wat ek gedink het daarvoor verantwoordelik was en hulle het die pad kom skoonmaak.

Ek het ses dae later net voor 3vm weer met die fiets oor die brug gery en gesien dat die pad skoon is. Met my terugkeer van Krugersdorp af teen 4nm was die helfte van die een baan bestrooi met Ready Mix. Dit was duidelik dat die vragmotor van Stasiestraat af teen die brug opgery en die pad bemors het.

Ek het ‘n sekere persoon gaan sien en daar is gesĂȘ dat hulle nie ‘n vrag daardie tyd van die dag oor die brug laat ry het nie. Die persoon het onderneem om die pad skoon te maak ter wille van goeie gemeenskapbetrokkenheid.

Met groot dank kan ek meld dat dit gedoen is.

Dit is moeilik om te bepaal wie verantwoordelik is vir die gemors want daar is talle firmas/ besighede in Randfontein wat Ready Mix kan lewer. Soos iemand dit gestel het, “Ons naam staan nie op die klippe geskryf nie”.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button