Dankie vir wat julle vir my oorlede broer gedoen het

Ek wil die volgende persone bedank vir hulle aandeel om my oorlede broer se begrafnis spesiaal te maak.

Dit is met ‘n seer maar dankbare hart dat ek vir die volgende persone bedank vir hul aandeel om Christo (my oorlede broer) se begrafnis spesiaal te maak.

Dankie aan Mosaic Begrafnisondernemers vir hul raakvathande met die reëlings.

Dankie aan Christo se medewerkers en vir die maatskappy, Mapogo, vir hul bydrae. Dankie vir die laaste eer van ‘n erewag! Dit het vir die familie baie beteken want hy was inderdaad ‘n uitsonderlike mens!

Dan, aan al die familie, vriende en die hele gemeenskap, dankie vir hul boodskappe en ondersteuning. Dit het die wêreld beteken gedurende die donker tyd.

Dominee Johan Greyling, dankie vir die uitsonderlike boodskap by die begrafnis. Dit was baie spesiaal dat u kon bevestig dat Christo ‘n mooi kind van ons Hemelse Vader was.

Ook aan die dames wat die eetgoed bedien het, baie dankie.

Ons is daarom nie mense sonder hoop nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version