Opinion

Argitekte, inwoners sit met hul hande in die hare

... weens omstredenheid rondom munisipale wetgewing.

Weens omstredenheid rondom munisipale wetgewing sit gebiedsbespieders soos lokale argitekte en verwarde inwoners met hul hande in die hare.

As gevolg van die sensitiwiteit rondom een bekende argitek se waarnemings, word sekere feite rondom sy meldingmaking vredeshalwe eerder weerhou. Hy (anoniem) beskik oor foto’s van onwettige strukture, onderwyl sommige van sy bouplanne nie goedgekeur word nie weens moontlike ontwrigting van die ‘bestaande infrastruktuur’.

Aanbouings op sypaadjie loopvlakke, mangate, elektriese kabelgeleiding en reënwaterafvoerpype word plek-plek verbied en die ironie volgens hom is dat inheemse snoepwinkels oornag verrys sonder enige voorleggings. Dalk ‘n stille gebiedskaping?

Hy vrees dat wetstoepassers soos stadsbeplanners en ingenieurs nie werklik bestaan nie.

Daar is uit onkunde honderde strukture deur inwoners op munisipale terrein gebou. Hy wil weet of sommige uitbreidings voor die persele van bona-fide inwoners toelaatbaar is, byvoorbeeld op plaveisels, in tuine en opritte.

Dit ontstel hom dat daar selfs straathandelaars op munisipale grondmerke opgemerk word en dit belemmer sy werksaamhede.

Dit verwar hom dat sommige aanbouings op dreinering en elektriese kabels onder beton versper is en … vanwaar die goedkeuring? Dreinering is sporadies ontwrig en lopende riool- en reënwater verklaar alles.

Aan wie sal ons weer ons stem in vertroue uitbring?

Related Articles

Back to top button